ANITA MET LIEFDE het begin by ‘n geskenk. Ester, my susterskind, het een Kersfees vir my ‘n “Ek het ‘n suspisie….sy is oningelig…” op ‘n t-hemp gedruk en as ‘n Kersgeskenk vir my gegee.
Net daar het ek besluit om aan almal ‘n geskenk te gee. ANITA hou van gee en deel.
En so deur middel van goeie kwaliteit materiaal, drukwerk wat hou en boonop alles TROTS SUID-AFRIKAANS vervaardig, deel ons ANITA MET LIEFDE, se sêgoed met die volk.
Hier is ons vandag……t-hemde met Anita se eie, unieke vlymskerp sêgoed op! As geskenk aan mekaar, deel ons humor, lag uit ons maag uit en deel VREUGDE as die grootste geskenk met mekaar.
Sluit aan op ons nuusbrief om eerste in lyn te wees vir die nuutse nuus!